Johnnie Takbok

Plattelandse Rock

Dankie vir ‘n Rock-‘n-Roll 2024!

Wow, wat ‘n jaar was 2024! Dit was ‘n wilde rit vol groot riffs, harde dromme en ongelooflike energie – en ek wil net sê: julle is die beste!

Die Johnnie Takbok Band het hierdie jaar behoorlik geskud! Ons het 7 splinternuwe liedjies uitgereik wat ons met passie geskryf en gespeel het – en julle het dit op repeat gehad. Julle streaming, deel en skree vanaf die voorste ry is wat ons aan die gang hou.

Ons het ook 48 optredes hierdie jaar afgetrap, van intieme solo gigs tot duo vibes, en natuurlik ons epiese volle band vertonings. Elke show het sy eie vibe gehad, en elkeen van julle wat daar was, het dit onvergeetlik gemaak.

Ek wil ‘n groot shoutout gee aan my bandmaats – Francois Jones (ons legendariese drommer), Eulise Jones (baskitaar heldin wat elke noot laat dreun), Dean Henning (ons vuurwarm lead kitaarspeler), en natuurlik Wynand Meyer, wat altyd gereed is om die sticks oor te vat wanneer Francois ander verpligtinge het. Julle bring ongelooflike talent, passie en energie na elke show. Ek waardeer julle meer as wat woorde kan sê – julle maak die musiek leef!

Aan al die venues wat ons hierdie jaar gehuisves het: dankie dat julle ons klanke laat weerklink het. Elke stage, elke ligstraal, en elke versterker wat op full blast was – dit het ‘n verskil gemaak.

En nou, 2025: ons is gereed om ons ding te doen. Hierdie jaar gaan meer gesinchroniseerd wees, met oorspronklike idees en musiek wat net ons eie is. Ons wil nie net ‘n cover band wees nie – ons wil die Johnnie Takbok Band wees. Die wêreld moet hoor wat ons skryf en voel wat ons speel. So maak gereed vir iets vars, iets eg, en iets wat net rock-‘n-roll op sy suiwerste manier kan wees!

Met liefde en baie decibels,
Johnnie Takbok

Categories:

Tags:


Een reaksie op “Dankie vir ‘n Rock-‘n-Roll 2024!”

Maak ‘n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui